Suurlemoengegeurde malvapoeding

image_pdfimage_print

10967_10203885858442229_7279535222033773896_n

Manda Kahts Badenhorst‎
Die TUKKA Spens ivm Ozziekaners Remix

 

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Genoeg vir 8 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30-35 minute

POEDING
500 ml (2 k) koekmeel
1 ml (¼ t) sout
10 ml (2 t) bakpoeier
100 g botter
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
50 ml (1/5 k) appelkooskonfyt
fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) koeksoda
200 ml melk
SOUS
200 ml suiker
10 ml (2 t) fyn gerasperde suurlemoenskil
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) room
80 g botter

Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

Poeding Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Klop die botter en suiker tot romerig. Voeg die eiers eeneen by – klits goed ná elke byvoeging.
Voeg die appelkooskonfyt, suurlemoenskil en -sap by die bottermengsel.
Los die koeksoda in die melk op en voeg dit geleidelik om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.
Meng om ’n beslag te vorm – moet dit nie te veel meng nie.
Giet die beslag in die voorbereide bak en bak sowat 25 minute. Stel die oondhitte laer tot 160 °C as die poeding ná sowat 10 minute te donker begin bak. Laat dit sowat 5 minute afkoel.
Sny die poeding in porsies en giet die warm sous oor die warm poeding.
Sous Meng die suiker, suurlemoenskil, water en room in ’n kastrol en laat opkook. Voeg die botter by en kook nog 5 minute. Giet af deur ’n sif.
Sit voor saam met room.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *