Sweetie Pie Cup Cakes

image_pdfimage_print

0813KOsjokolade-36mobi

Sweetie Pie-kolwyntjies

Ek het soortgelyke kolwyntjies vir die eerste keer by Tina Bester se Queen of Tarts stalletjie geëet en hulle het my hart gesteel. Glo my, dit is onweerstaanbaar.

Genoeg vir: sowat 18 middelslagkolwyntjies
Bereidingstyd: 40 minute, plus rustyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 180 g botter
• 230 g bruinsuiker
• 2 groot eiers
• 160 g meel
• 7 ml bakpoeier
• 40 g kakao
• 120 ml melk
• 300 g donkersjokolade

MERINGUE-BOLAAG
• 2 groot eierwitte
• 180 g strooisuiker
• 40 ml heuning
• 45 ml water
• knippie kremetart

1 Voorverhit die oond. Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en kakao saam. Vou dit om die beurt met die melk by die bottermengsel in. Skep dit in kolwyntjiepapiertjies wat met kleefwerende sproei gespuit is en bak vir sowat 15–20 minute of tot gaar en gerys. Laat dit afkoel.

2 Maak die bolaag Klits al die bestanddele saam in ’n groot mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in – dis belangrik dat die mengbak nie aan die water raak nie. (ONTHOU Die stoom sal die mengbak warm maak, so hou ’n vatlap byderhand.) Sit nou die kastrol op die stoof oor lae hitte en klits die mengsel aanhoudend met ’n elektriese klitser. Hou so aan tot sagte punte vorm (dit neem sowat 10 minute) en verwyder die mengsel van die hitte.

3 Skep die mengsel in ’n spuitsak met ’n ronde spuitpunt met ’n deursnee van 1 cm. Spuit ’n klein spiraal op elke kolwyntjie en laat dit vir 30 minute in die yskas rus.

4 Smelt die sjokolade. Pak die kolwyntjies op ’n draadrakkie en bedek die meringuebolaag versigtig met die sjokolade; laat dit hard word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *