Tipsy-tert

image_pdfimage_print

960135_732004286867626_1617598810057090094_n

1 koppie gekapte dadels 250 ml kookwater
250 ml suiker
250 ml meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ koppie gekapte neute en kersies
2 eiers
2 eetlepels botter
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye

Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by. Room die botter en suiker. Voeg eiers by en meng goed. if die droë bestandele en voeg dit by die eiermengsel. Roer die dadelmengsel by. Voeg die neute en kersies by en laastens die bakpoeier. Gooi in ‘n gesmeerde tertbak. Bak 30 minute by 200ºC.

Stroop:
Vir die stroop kook jy 1¼ koppie suiker met ‘n ¾ koppie water. Voeg een eetlepel botter by en laat effens afkoel. Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanielje by. Gooi die warm stroop oor die warm tert

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *