Trinchado Voorgereg

image_pdfimage_print

trinchado(

Oorsprong van Angola en Mosambiek af) (getoets)

Daar is baie verwerkings vir die dis. Die volgende is
een van hulle. Word as n voorgereg bedien,
maar ek maak sommer n hoofgereg daarvan so lekker is dit
Dis hoe ek dit maak en geniet.
(4 porsies)
Botter /olyfolie
400gr fillet in repies gesny
1 Ui fyngekap
125gr gesnyde sampioene in skywe
1 Knoffel huisie fyngekap
7ml Peri Peri of Chilli speserye na smaak
15ml Paprika
1 Blik tamaties sonder skil
(Verkieslik deur n kosverwerker fyner gekap)
15ml Woestersous
15ml Balsamiese asyn
200ml Beesaftreksel
125ml brandewyn/ rooiwyn
100ml room
Sout en peper na smaak
Klein cocktail buns om te doop in sous.

Braai uie, knoffel en sampioene saam tot effe bruin, skep uit .
Braai fillet repies so paar minute voeg dan die uie mengsel by met
al die res van die bestandele. Kook nou op medium hitte totdat
sous effens verdik het ongeveer 15 na twintig minute. Haal
van plaat en laat afkoel maar nog warm. Voeg nou die room by.
Bedien saam met botter broodrolltjies. Heerlike voorgereg.

Bron: Corne Marais

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *