VLEISSKONS

image_pdfimage_print

1016729_693683260699729_9097065990103806763_n

BESTANDELE:
2 eiers
1 koppie melk
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ koppie olie
½ teelepel sout
Enige vleisie of maalvleis/hoender ens

METODE:
Kliets eiers, melk en olie saam.
Sif droë bestandele en voeg by.
Klits weer deeglik.
Skep teelepels vol in gesmeerde pannetjies.
Skep ‘n teelepel vleis in en dan weer ‘n teelepel beslag.
Bak in oond van 220°C tot goud bruin.

Jy kan enige vleis gebruik – gaar maalvleis, Bully beef met kaas gemeng, bully beef.
Dis baie lekker vir southappies as jy kuiermense het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *