Waghond

image_pdfimage_print

Guard-dog1

Jy benodig
• hondjiepatroon
• 570 x 350 mm-stuk dennehout
• twee 400 x 30 mm- plat ysterstawe, met twee skroefgate in die bopunt en gebuig in die middel
• 4 houtskroewe
• tappenstokkie, 6 cm lank
• verf in die kleur van jou keuse
• verfkwas
• houtlym
• fyn skuurpapier
• gereedskap (saag, boor, ens.)
Hondjie patroon

So maak jy
1
Teken die hondjiepatroon op die hout oor en saag die hondjie asook die hartjie in die middel uit.

2 Skuur al die skerp rande mooi glad en effens gerond.

3 Gebruik ’n boorpunt net dikker as die dikte van jou tappenstokkie en boor ’n gaatjie van 3 cm diep aan die bokant van die hond en nog een van 3 cm diep aan die onderkant van die voëltjie – dis sodat jy die voëltjie op die hond se rug kan laat sit.

4 Verf die hond en voëltjie in die kleur van jou keuse – dié een is antiekwit – en laat dit droog word.

5 Sit houtlym in albei gaatjies wat jy geboor het, druk die tappenstokkie in die gaatjie in die hond se rug en druk die voëltjie op die stokkie in.

6 Skroef die ysterstawe in posisie vas en skuif dit onder die matras in.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *