Wortelmuffins met Roomkaasversiersel

image_pdfimage_print

10473201_349738985186575_1114840262183333975_n

Dis ’n ou gunsteling, en die versiersel is só lekker dat ’n mens dit sommer net so wil eet.

Maak: 12
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

770 ml (430 g) koekmeel
200 ml (165 g) sagte bruinsuiker
5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
2,5 ml sout
5 ml fyn kaneel
250 ml olie
250 ml jogurt
125 ml pynappelstukke, fyn gesny
2 eiers
7,5 ml vanieljegeursel
500 ml gerasperde wortel
160 ml (100 g) rosyne

VERSIERSEL:
125 g roomkaas
30 g botter, teen kamertemperatuur
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
5 ml suurlemoensap
5 ml vanieljegeursel
400 ml versiersuiker, gesif

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.

2. Sif die koekmeel in ’n groot mengbak en voeg die bruinsuiker, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel by. Meng die olie, jogurt, pynappel, eiers en vanieljegeursel in ’n ander mengbak.

3. Maak ’n holte in die droë bestanddele en voeg die pynappelmengsel by.

4. Vou die wortel en rosyne in en skep die beslag in die voorbereide muffinholtes. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en uitgerys.

5. Maak die versiersel:
Klits die roomkaas, botter, suurlemoenskil, suurlemoensap en vanieljegeursel tot romerig. Voeg die gesifte versiersuiker by en klits tot net gemeng. Proe en voeg nog suurlemoensap by, indien verkies.

6. Om voor te sit:
Versier die afgekoelde muffins met die sitrus-roomkaasversiersel en sit voor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *