Wortelvorm

image_pdfimage_print

 

10849791_10152946468528156_2387841541187304829_n


440 g fyn pynappel(blik)
1 pakkie suurlemoenjellie
125 ml suiker
1 ml sout
500 ml fyn gerasperde wortels
125 ml room

Dreineer pynappel en vul sap tot 250 ml met water( ek laat dit in sif oor bak staan)
Verhit die 250 ml en los jellie daarin op
Laat afkoel tot dik – maar nie styf gestol nie.
Klits dik jellie tot romerig. Klits suiker bietjiesgewys by
Voeg sout by
Meng pynappel en wortels en vou by jellie in
Klits room tot styf en vou in
Laat oornag stol in yskas
Keer om op bord en bedien

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *